Modulekode | TBE 310 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | Toerisme Industrie Sektorbestuur 1 Hierdie module dek die bestuur van twee industrie sektore: toerisme attraksies (insluitend gebeure) en gasvryheid. Besoekersattraksies (insluitend gebeure) wat die kern van suksesvolle toerisme is word aangespreek op drie vlakke: die sleutelrol van besoekersattraksies/gebeure in die toerisme industrie, die oorhoofse ontwikkelingsproses (volhoubaarheidstudies, finansiële en ontwerp aspekte ens.) wat verband hou met besoekersattraksies/gebeure, en uiteindelik die strategiese bestuur en operasionele aspekte van besoekersattraksies/gebeure. Gasvryheidbestuur dek al die operasionele en bestuursfunksies van die “gastesiklus” van die oomblik wat ‘n potensiële gas ‘n akkommodasie instelling kontak tot en met die tyd wat hy of sy vertrek. ‘n Onderskeiding word gemaak tussen inkomstesentra en ondersteuningsentra. Voedsel en drank bestuur vorm ook ‘n noodsaaklike bestanddeel van hierdie afdeling. Omdat finansiële bestuur en kosteberaming kritiek is tot die sukses van enige gasvryheidsorganisasie word beleid, beginsels en prosedures met betrekking tot die finansiële bedrywighede en finansiële bestuur van sulke instellings ook gedek. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme |
|
Diensmodules | Fakulteit Geesteswetenskappe Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Voorvereistes | TBE 210 GS |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Afdeling Toerismebestuur |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App